Arcadia | |
---|---|
Sheraton Hotel en die Lukasrandtoring | |
Koördinate: 25°44′46″S 28°13′16″O / 25.74611°S 28.22111°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Tshwane |
Oppervlak | |
• Totaal | 2,94 km2 (1,14 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 23 404 |
• Digtheid | 7 961/km2 (20 620/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 12.5% |
• Indiërs/Asiërs | 1.7% |
• Bruin mense | 3.6% |
• Swart mense | 80.2% |
• Ander | 1.9% |
Taal (2011) | |
• Engels | 18.6% |
• Noord-Sotho | 14.0% |
• Tswana | 11.6% |
• Afrikaans | 9.6% |
• Ander | 46.2% |
Poskode (strate) | 0083 |
Poskode (posbusse) | 0007 |
Skakelkode | 012 |
Arcadia is 'n voorstad in Pretoria, Suid-Afrika. Dit is geleë oos van die stadskern, met Beatrixstraat wat die westelike grens met die Pretoria Middestad vorm, Kerkstraat (nou Stanza Bopapestraat) die noordelike grens, Hillstraat die oostelike grens met Hatfield en Parkstraat die suidelike grens met Sunnyside.
Pretoria se eerste landdros, Andries du Toit, het hom in 1857 op 'n stuk grond gevestig wat aan die dorpie gegrens het. Hy het dié grond vir 'n Basoeto-ponie van pres. M.W. Pretorius geruil en dit Arcadia genoem. In dieselfde jaar het hy die dorpie in erwe uitgemeet.[2]
Arcadia is die oudste voorstad van Pretoria en is in 1889 by Pretoria ingelyf. Arcadia is bekend vir sy historiese geboue, ambassades en hotelle. Die Uniegebou is op die grens van die voorstad geleë. Pretoria het die tweede meeste ambassades ter wêreld, ná Washington, D.C., waarvan die meeste ín of naby Arcadia geleë is.
Kerkstraat, die eenrigtingstrate Pretorius- en Schoemanstraat, en Parkstraat loop in 'n oos-wes-rigting deur die voorstad. Bakens in Arcadia sluit in die Pretoriase Kunsmuseum in Parkstraat, die Gerard Moerdyk Restaurant, in 'n gebou wat deur Gerard Moerdijk ontwerp is, en Venningpark.